6 porsies

  1. 6 vars stokvisfilette (jy kan ook bevrore vis gebruik)
  2. 250 g fetakaas, grof gekrummel
  3. hand vol vars basiliekruid, in stukke gebreek
  4. 300 g klein rosa-tamaties
  5. sowat 150 ml olyfolie
  6. sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • Voorverhit jou oond tot 180 °C.
  • Sprinkel ’n bietjie van die olyfolie in ’n oondbak. Sit die visfilette in die bak.
  • Plaas die fetakaas op elke filet, en rangskik die tamaties en basiliekruid rondom.
  • Gooi die res van die olyfolie oor en geur met sout en swartpeper.
  • Bak vir 20 minute.