Genoeg vir 4

  • 24 baba-wortels
  • 20 ml heel komynsaad
  • 45 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 180 g (250 ml) wit quinoa
  • 800 ml lemoensap
  • 400 g aspersies, in kookwater gedompel
  • 80 g slaaiblare van jou keuse
  • 100 g okkerneute, grofgekap

SLAAISOUS

  • 60 ml olyfolie
  • 45 ml heuning
  • 100 ml lemoensap

Verhit oond tot 180 °C. Pak wortels op oondroosterplaat en sprinkel komyn, olyfolie, sout en peper oor. Oondbraai 25 minute of tot goudbruin en gaar. Hou eenkant. Plaas quinoa en lemoensap in pot en bring tot kookpunt. Kook tot vloeistof geabsorbeer is en quinoa sag en gaar is, so 15 minute. Gooi quinoa in meelsif en spoel af onder warm water. Plaas in slaaibak. Voeg aspersies en gebraaide wortels by saam met slaaiblare. Sprinkel neute oor. Meng alles vir sous saam en gooi oor slaai. Meng deur en geur goed. Sit voor.