4 - 6 porsies

• 30 ml heuning

• 15 ml tiemie, gekap

• 5 ml fyn kaneel

• 30 ml olyfolie

• 7 klein patats, gehalveer

• 45 ml appelkooskonfyt

• 100 ml botter

• 2 knoffelhuisies, gekap

• sap en skil van 2 suurlemoene

• 800 g snoekfilet, vars of bevrore

• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

• appelkooskonfyt vir brood

Verhit oond tot 200 °C. Meng heuning, tiemie, kaneel en olie. Plaas patats in 'n oondvaste bak en gooi heuning-mengsel oor. Bedek bak met tinfoelie en bak vir 25 - 30 minute of tot sag en gaar.Meng konfyt, botter, knoffel en suurlemoensap en -skil in 'n klein potjie. Plaas oor lae hitte en smelt alles saam. Plaas snoek op 'n toeklap-rooster wat gespuit is met kleefwerende sproei. Maak 6 snye in die vis se vel en verf met die bottermengsel. Plaas die vel-kant eerste oor die warm kole en braai stadig vir 5 minute. Verf met die botter-mengsel terwyl dit braai en draai om. Herhaal totdat die vis goudbruin en gaar is - sowat 15 - 20 minute. Sit warm vis saam met patats, stokbrood en appelkooskonfyt voor.