genoeg vir 6 porsies

• 400 g witvis van jou keuse, fyngekap

• 3 aartappels, gekook tot sag en fyngedruk

• 1 ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, gekap

• hand vol koljanderblare, gekap

• hand vol basiliekruidblare, gekap

• 1 eiergeel

• 85 g (150 ml) koekmeel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 200 g piekeluie

• 200 ml tamatieblatjang

Korslaag

• 2 eiers, liggies geklits

• 140 g (250 ml) koekmeel

• 150 g broodkrummels

• 60 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 °C. Meng vis, aartappels, ui, knoffel, koljander en basiliekruid. Voeg eiergeel en meel by en meng goed. Geur goed met sout en swartpeper. Verdeel mengsel in 6 ewe groot balle en druk effens plat.

Vir die korslaag, doop koekies in eier, dan in koekmeel en laastens in broodkrummels. Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pan en braai koekies sowat 5 minute per kant of tot goudbruin.

Plaas in warm oond vir verdere 10 minute of tot gaar. Sit warm voor met piekeluie en tamatieblatjang.