(sowat 20 koekies)

  • sowat 500ml gaar boerpampoen
  • sout en swartpeper na smaak
  • bruinsuiker na smaak
  • kaneel na smaak
  • druppel of wat vanieljegeursel
  • 1 eier
  • sowat 120g (215ml) bruismeel
  • sonneblomolie
  • kaneelsuiker na smaak

Verpulp die pampoen. Gooi sout, 'n bietjie peper, bruinsuiker, kaneel en vanielje-geursel by. Roer deur. Breek 'n eier in die mengsel. Gooi bruismeel bietjie vir bietjie by terwyl jy voortdurend roer. Hou op met die bruismeel as die konkoksie net-net van 'n lepel kan afdrup. Diepbraai in 'n pan met kookolie. Sit voor met kaneelsuiker.