genoeg vir 6-8

• 500 g pampoen, in blokkies gesny

• 45 ml olyfolie

• 15 ml anyssaad

• 100 g fyn amandels

• 100 g klappermeel

• 15 ml bakpoeier

• 1eier

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 20 ml heuning

• 55g(60 ml) botter

• 250 ml dubbeldik room

• 10 ml kaneel

Verhit oond tot 180 °C. Pak pampoen op bakplaat en sprinkel olyfolie en anys oor. Bak 20 – 25 minute of tot pampoen sag en gaar is. Plaas pampoen met pansous in groot mengbak en druk fyn met aartappeldrukker. Voeg amandels, klappermeel, bakpoeier en eier by. Geur met sout en peper en meng goed. Spuit die 24 holtes van ’n happiegrootte kolwyntjiepan met kleefwerende kossproei. Verdeel mengsel tussen holtes en bak 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar. Haal uit oond. Laat staan 5 minute en keer uit. Hou eenkant. Plaas heuning en botter in pot en roer tot botter gesmelt het. Roer oor lae hitte tot dit ’n donker karamelkleur kry. Gooi room by en verlaag hitte. Laat prut stadig tot room met helfte verminder het. Voeg kaneel by en meng deur. Pak pampoen op opdienbord en gooi warm sous oor. Sit voor.