(4 - 6 porsies)

  • 1 heel forel van sowat 1kg
  • 45ml olyfolie
  • 30ml botter
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • vars suurlemoene vir op die bord

Sny die kop van die vis af sodat dit makliker in 'n groot pan kan pas. Verhit olyfolie en botter in die pan. Geur vis met sout en peper. Wanneer die botter en olie warm is, plaas jy die vis in die pan. Laat vir minstens 10 minute braai voor jy dit omdraai. Geen probleem as die vel loskom nie - jy wil in elk geval die vel van die vis af hê. Die vis sal so 20 minute neem om gaar te word (begin solank met die sous). Haal uit pan en trek res van vel af. Sit voor met vars suurlemoen en kruiesous.

Kruiesous

  • 100g baba-spinasieblare
  • 45ml olyfolie
  • 15ml witasyn
  • 15ml pietersielie, gekap
  • 15ml grasuie, gekap
  • 15ml kappertjiesaad
  • 2 ansjovis-filette
  • 1 eier, hardgekook

Was die spinasie baie goed af. Plaas nat blare in 'n warm pan met 'n deksel en los dit vir 2 minute sodat die blare kan verlep. Dreineer en laat afkoel. Druk oortollige water uit blare, sommer met jou hande. Sit al die bestanddele in die voedselverwerker en pols goed. (As jy nie weet hoe dit werk nie, vra liewer jou vrou.) As die voedselverwerker jou intimideer, kap als met 'n skerp mes fyn.