• 280 g (500 ml) koekmeel
  • 125 ml water
  • 30 ml olyfolie
  • 5 ml sout

Verhit oond tot 220 °C. Plaas al die bestanddele in ’n mengbak en knie tot ’n ferm deeg met ’n gladde voorkoms. Verdeel deeg in 4 ewe groot balle en laat rus vir 5 minute. Bestrooi werkoppervlak met ’n dun lagie meel en rol elke bal deeg papierdun uit. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir sowat 5 – 8 minute of tot goudbruin en krakerig.

Wenk
Moenie te veel sukkel om die brood rond te kry nie - ek rol dit in enige vorm uit.