(2 porsies)

  • 300 ml hoenderaftreksel
  • 4 witloof-koppe
  • 4 snye parmaham
  • 30 ml botter
  • 30 ml meel
  • 250 ml room
  • 1ml fyn neutmuskaat
  • 10 ml korrelmosterd
  • hand vol gruyère-kaas, gerasper
  • sout en gemaalde swartpeper na smaak

Bring die hoenderaftreksel tot kookpunt in ’n kastrol. Sit die witloof in en laat kook vir 8 minute. Dreineer en laat afkoel op kombuispapier. Maak intussen’n witsous: Smelt die botter en voeg die meel by. Roer goed. Voeg die room bietjie vir bietjie by terwyl jy heeltyd roer. Voeg die neutmuskaat en mosterd by wanneer die sous dik word. Geur met sout en swartpeper. Draai én sny parmaham om elke witloof. As jy dit as hoofgereg voorsit, smeer vir elke persoon’n oondbakkie. Sit die witloof in die bakkie en gooi die sous oor. Sprinkel die kaas oor en bak in’n voorverhitte oond teen 180 °C vir 30-35 minute tot mooi goudbruin bo-op.