Genoeg vir 6

140 g (250 ml) koekmeel

200 g broodkrummels

50 g parmesaan-kaas, gerasper

10 salieblare, fyngekap

15 ml mosterdpoeie

r sout en varsgemaalde swartpeper

12 hoenderboudjies

4 eiers sonneblomolie vir braai

50 g (55 ml) botter

6 heel salieblare

Meng koekmeel, krummels, kaas, fyngekapte salie en mosterd. Geur goed met sout en peper. Doop hoenderstukke reg rondom in geklitste eier. Rol hoender in meelmengsel tot heeltemal bedek. Verhit olie vir diepvetbraai tot warm en braai hoender 20-25 minute of tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier. Terwyl hoender braai, smelt botter saam met salieblare in skoon pot tot botter goudbruin verkleur. Pak gaar hoender op opdienbord, geur weer en skep saliebotter oor. Sit voor