(4 porsies)

  • 20 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 g ham, in blokkies gesny
  • 250 g portabellinisampioene, in skywe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 ml room
  • 500 g penne-pasta

Verhit olyfolie in 'n pan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg ham en sampioene by en braai vir sowat 5 minute. Geur met sout en swartpeper. Voeg room by en laat oop kook vir sowat 10 - 15 minute totdat room effens afgekook en verdik het. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng sous met pasta en sit voor met gerasperde pecorino- of parmesaan-kaas.