PASTA “ EL-FRIEDA “WAY

1 pak spaghetti of ¾ pakkie in helfde gebreek

½ green pepper in fyn blokkies gesny

2 uie fyn gekerf in blokkies

Bietjie olie om te braai

1 Pakkie bacon fyn gesny

1 koppie ham in blokkies gesny

2 eetlepels volgarlick

1 koppie gerasperde kaas-indien wil

1 etl hoogvol chillie sous / 2 vars chillies gekerf

1 houertjie vars room (250ml)

10 mushrooms - gekerf

250 ml melk meng 1 eetlepel mazina of koekmeel in indien jy dink te souserig

Aromat na smaak

Sout na smaak

Swart gemaalde peper na smaak

Pietersielie vir kleur indien wil

1 gerasperde wortel of in klienblokkies gesny

Metode :

Kook spaghetti , terwyl dit kook :

Braai uie tot bruinerig voeg die green pepper, garlic, bacon, ham,mushrooms ,wortel en chillies saam . Braai vir so 10 min roer kort kort.

Gooi speserye in en roer – gooi die room /en melk mengsel by, roer Sous moet nie te dik wees nie, indien dik gooi nog bietjie melk by, gooi kaas nou in en laat smelt saam.. Indien spaghetti reg is gooi alles saam in een pot, roer mooi deur en walla lekker eet.

Sien ander resepte