(4 porsies)

  • 15 ml Stork Culinesse vloeibare margarien om die spek in te braai
  • 250 g repiespek, in blokkies gesny
  • 250 ml bevrore ertjies
  • 250 ml Stork Crèmendous Pouring Crème
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 g penne-pasta
  • 50 g pecorino-kaas

1. Gooi ’n bietjie Stork Culinesse in die pan en voeg die spek by wanneer die Stork Culinesse lekker borrel. Braai die spek tot bros. Voeg die bevrore ertjies by en braai tot deurwarm.

2. Voeg die Stork Crèmendous Pouring Crème by en geur met sout en swartpeper. kook vir sowat 10 minute. Die room moet effens afkook en verdik. terwyl die sous kook, kook die pasta volgens die aanwysings op die pak.

3. Dreineer die pasta en gooi in ’n mengbak. Voeg die roomsous by en meng goed deur. Maak skaafsels van die pecorino-kaas met ’n groenteskiller en bedien saam met die pasta.