(Genoeg vir 6 mense)

1 hoeveelheid pastadeeg (sien verwante artikels).

Spinasie-en-Ricottavulsel.

Stap 1

Rol die pasta so dun uit soos jy kan en sny die rande mooi gelyk.

Stap 1

Stap 2

Smeer die Ricotta-en-spinasievulsel oor die uitgerolde pasta.

Stap 2

Stap 3
Rol dit soos ’n rolkoek op.

Stap 3

Stap 4
Moenie te hard druk nie, anders sal die vulsel uitpeul.

Stap 4

Stap 5
Maak dit stewig toe in tinfoelie. Maak seker dit is waterdig.

Stap 5

Stap 6:
Draai die kante van die tinfoelie stewig toe en maak sommer handvatsels waarmee jy dit later uit die water kan haal. Plaas dit in ’n oondvaste bak en gooi kookwater in totdat die tinfoelie bedek is. Bak dit in ’n warm oond teen 180 °C vir sowat 2 uur. Verwyder dit uit die kookwater en sny in skywe. Sit dit voor saam met vars roket, swart olywe en kersietamaties. As jy baie lief vir olyfolie is, kan jy ’n  bietjie oorgooi.

Stap 6