Basisresep

Met hierdie resep kan jy 5 verskillende groentekoeke maak

  • 420 g (750 ml) bruismeel
  • 15 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie
  • 400 g (500 ml) suiker
  •  4 eiers

Verhit oond tot 180°C. Sifmeel, koeksoda en sout saam. Meng olie, suiker en eiers. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Volg verder jou gekose variasie (onder) se metode.Al die koeke word in 'n standaardgrootte losboom-ringpan (20 x 18 cm) gebak.

Patat-en-sjokoladekoek

(6 - 8 porsies)

  • 100 g donkersjokolade, grofgekap
  • 500 ml gaar patats, fyngedruk
  • 2 ml fyn neut
  • 10 ml fyn kaneel
  • 150 ml melk
  • 30 ml kakaopoeier

Bolaag

  • 125 ml room
  • 100 g donkersjokolade, gekap

Vou sjokolade, patats, speserye,melk en kakaopoeier by basisresep in. Spuit 'n losboom-ringkoekpan met kleefwerende sproei. Gooi beslag in die pan en bak vir 35 - 40 minute of totdat 'n toetspen skoon uitkom. Keer uit op 'n draadrak en laat afkoel. Bring room vir bolaag tot kookpunt en gooi oor gekapte sjokolade. Roer tot glad. Gooi oor afgekoelde koek en laat stol.

Wenk: Om die patats gaar te maak oondrooster ek hulle met 30 ml heuning teen 220 °C vir sowat 30 - 40minute. Skep die gaar pulp uit en druk dit fyn met 'n vurk.