genoeg vir 8

4 soetpatats (300 g), gerasper

met skil

2 eiers

70 g (125 ml) bruinbroodmeel

sout en varsgemaalde

swartpeper

hand vol basiliekruidblare

125 ml kanola-olie

3 eiergele

1 knoffelhuisie, gekap

45 ml korrelmosterd

sap en gerasperde skil van 2

suurlemoene

30 ml witwyn-asyn

8 eiers

120 g baba-spinasieblare

Meng patats, 2 eiers en meel. Geur met sout en peper. Verhit wafelpan. Skep laag patatmengsel op bodem. Maak toe en braai 8 – 10 minute of tot goudbruin. Herhaal totmengsel op is. Hou gaar wafels warm. Verpulp basiliekruid met olie in voedselverwerker tot glad. Verwerk eiergele, knoffel en mosterd met staafmenger in mengbak. Voeg verpulpte basiliekruid geleidelik by. Voeg sap en skil van suurlemoen by en geur. Bring pot met water tot kookpunt en voeg asyn by. Breek eiers een-een in maatbeker. Gooi elke eier versigtig in water. Posjeer eiers 5—6 minute as jy dit sag wil hê of so lank as wat jy verkies.