(6 porsies)

  • 30 ml heuning
  • 15 ml tiemie, gekap
  • 5 ml fyn kaneel
  • 30 ml olyfolie
  • 8 klein patats, gehalveer
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Meng heuning, tiemie, kaneel en olie. Sit patats in 'n oondpan en gooi heuningmengsel oor. Maak toe met foelie en bak vir 25 - 30 minute of tot sag en gaar.