10 porsies

  • 4 eierwitte
  • 320 g (380 ml) strooisuiker
  • 20 ml witasyn
  • 15 ml mielieblom
  • 5 ml vanieljegeursel
  • pienk koskleursel
  • 12 wafel-roomyshorinkies
  • 1 liter roomys van jou keuse

Verhit oond tot 140 °C. Plaas eierwitte in skoon mengbak en klits teen hoë spoed tot sagte punte vorm, sowat 2 – 3 minute.Terwyl menger aan is, gooi strooisuiker lepel vir lepel by.Hou aan klits vir nog 5 – 8 minute tot blink en styf. Voeg asyn, mielieblom, geursel en kleursel by.Meng deur.Voer bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Skep meringue in spuitsak met ’n riffelrand-tuit van 1,5 cm. Spuit helfte van mengsel in ronde, plat sirkels van sowat 2 cm in deursnee. Met die ander helfte spuit rosette van 2 cm in deursnee en sowat 2 cm hoog. Bak vir 30 – 35 minute of tot buitekant bros en binnekant nog malvalekkeragtig is. Skep 1 roomysbal in horinkie, plaas plat meringue bo-op, gevolg deur nog ’n roomysbal. Plaas meringue-roset bo-op en sit dadelik voor.