10 – 12 porsies

  • 165 g (180 ml) botter
  • 240 g 70%-sjokolade, in stukke gebreek
  • 4 eiers, geklits
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 340 ml (600 ml) koekmeel, gesif
  • 100 g pekanneute, grofgekap
  • 2 Forelle-pere, geskil en in klein blokkies gesny

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter en sjokolade saam in ’n bak. Plaas bak bo-op ’n kastrol met kookwater. Die bak moenie aan die water raak nie. Gee elke nou en dan ’n roer tot alles gesmelt is. Voeg eiers by sjokolade-mengsel. Vou suiker en meel in. Vou neute en peerblokkies in en gooi mengsel in uitgevoerde pan (24 x 28 cm en 4 cm diep). Bak vir
30 – 40 minute.

Peer-tjips

  • 1 Beurre Bosc-peer, baie dun gesny met skil en al
  • 30 ml strooisuiker

Verhit oond tot 150 °C. Doop peersnytjies in strooisuiker en plaas op bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Bak vir 15 minute. Draai snytjies om en bak vir nog 15 minute. Haal uit en laat verder bros word. Rangskik bo-op koek.

Om te drink
Blaauwklippen se Malbec Noble Late Harvest, een van die min spesiale laatoes rooiwyne in Suid-Afrika, en enige sjokolade se maat!