10 – 12 porsies

  • 165 g (180 ml) botter
  • 240 g 70%-sjokolade, instukke gebreek
  • 4 eiers, geklits
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 340 ml (600 ml) koekmeel, gesif
  • 100 g pekanneute, grofgekap
  • 2 Forelle-pere, geskil enin klein blokkies gesny

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter en sjokolade saam in ’n bak. Plaas bak bo-op ’n kastrol met kookwater. Die bak moenie aan die water raak nie. Gee elke nou en dan ’n roer tot alles gesmelt is. Voeg eiers by sjokolade-mengsel. Vou suiker en meel in. Vou neute en peerblokkies in en gooi mengsel in uitgevoerde pan (24 x 28 cm en 4 cm diep). Bak vir 30 – 40 minute.

Om te drink

Blaauwklippen se Malbec Noble Late Harvest, een van die min spesiale laatoes rooiwyne in Suid-Afrika, en enige sjokolade se maat!