Braai 1 gekapte ui en 250 g repies spek (in klein blokkies gesny) in ’n bietjie olyfolie. Kook 500 g penne volgens aanwysing op pak. Wanneer die spek lekker bros is, breek 100 g bloukaas en 200 ml room saam met die ui en spek. Laat die room warm word en die kaas smelt. Wanneer pasta gaar is, dreineer en meng met sous. Vars origanumblare (opsioneel) is baie lekker om deur die sous te roer. Die laaste lekker is om nog so ’n bietjie bloukaas oor te krummel - dit is my wenk, nie my man s’n nie.


Om te drink

Groot, vrugtige rooi: Raka Pinotage, Cordoba Crescendo, Alto Rouge.