genoeg vir 10-12

  • 3 x 250 ml-houers vars room
  • 4 x 360 g-blikke karamelkondensmelk
  • 3 x 150 g-plakke Peppermint Crisp
  • 2 x 200 g-pakkies sjokoladementtennisbeskuitjies

Klop die room tot sagte punte vorm. Wees net versigtig indien jy dit met ’n klitser klop dat dit nie botter raak nie. Gebruik ’n draadklitser en roer die karamel in ’n groot mengbak tot sag en glad – dis belangrik dat daar nie klonte in is nie. Rasper die sjokolade fyn op die growwe kant van jou rasper. Gebruik een pakkie koekies en pak ’n laag op die bodem van jou bak en maak ook ’n ry koekies reg rondom teen die bak se rand staan. Vou dan die room en die helfte van die sjokolade by die karamel in. Skep die helfte van die karamelmengsel bo-op die koekies. Pak dan nog ’n laag koekies op die vulsel en skep die res van die karamel bo-op. Strooi die oorblywende sjokolade oor en sit die tert oornag in die yskas.