Tradisioneel het Audrey dié pere in rooiwyn geposjeer, maar ek verkies ’n ligter opsie met vonkelwyn.

genoeg vir 8

800 g (1 000 ml) suiker
750 ml droë vonkelwyn
500 ml water
5 ml vanieljegeursel
3 steranys-peule
12 pere, geskil

Plaas suiker, vonkelwyn, water, vanielje en steranys in groot pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte totdat die mengsel prut en pak pere in stroop. Sit deksel op en posjeer vir 10 – 15 minute of tot pere sag maar steeds ferm is. Verwyder van hitte en haal pere uit warm stroop om te keer dat pere nog sagter raak. Moenie die stroop weggooi nie. Laat alles afkoel. Sit pere voor in groot opdienbak met stroop en balle roomys.