(maak 10-12 pragtige, "fool-proof" kolwyntjies)

Voorbereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 14 minute

Bestanddele:

Kolwyntjies

310 ml koekmeel

7.5 ml bakpoeier

2.5 ml koeksoda

2.5 ml sout

2 eiers

187.5 ml fyn strooisuiker

7.5 ml vanilla geursel

125 ml olie

125 ml melk

5 ml asyn

(Voeg asyn by melk en laat staan vir 5 minute voor gebruik.)

Botterroom Versiersel

125 g sagte wit botter (wooden spoon is maar die beste)

300 ml versiersuiker

7.5 ml vanilla geursel

15 ml melk

Kleursel (opsioneel)

Metode: Kolwyntjies

Voorverhit die oond tot 180 C.

Met 'n "wire whisk" meng die koekmeel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Plaas eenkant.

Klits die eiers in 'n groot bak met 'n elektriese menger tot skuim vorm (20-30 sekondes). Voeg al die suiker by en klits goed (vir omtrent 40-60 sekondes). Voeg die vanilla geursel en olie by. Meng goed op 'n hoë spoed.

Verlaag die spoed en voeg die helfte van die melk en helfte van die meel om die beurt by die eier mengsel. Moenie oorklits nie! Gebruik 'n skraper om die kante van die bak skoon te maak.

Die beslag is maar dun, so moenie skrik nie!

Verdeel onder voorbereide kolwyntjie omhulsels ("funky" kleure maak dit baie opwindend) en bak vir 12-14 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. Moenie die oond oopmaak voordat 10 minute verstreke is nie.

Koel die kolwyntjies af vir 'n paar minute in die pannetjies. Verwyder en laat afkoel tot koud op 'n afkoelrak.

Vir die versiersel:

Room die botter in 'n groot bak met 'n elektriese klitser tot sag en donsig.

Sif die versiersuiker by die botter. Voeg melk en vanilla by.

Meng die bestanddele met 'n metaal lepel tot net-net gemeng. Klits verder met elektriese klitser tot sag, donsig, smul-lekker en smeerbaar.

Versier afgekoelde kolwyntjies met versiersel soos verkies.

Sien ander resepte