6 – 8 porsies

• 100 g slaaiblare van jou keuse

• 1 skep geroosterde tamatiesmoor

• 3 wiele brie-kaas

• 6 gaar patties

• 6 broodrolletjies

• 1 ander sous

• 1 resep se uieringe

Verdeel die slaaiblare tussen die broodjies, gevolg deur tamatiesmoor. Sny die brie-kaas in die lengte middeldeur en plaas met gesnyde kant na bo op ’n bakplaat wat met kleefwerende sproei bespuit is. Bak vir 5 minute of tot kaas gesmelt is. Sit gaar patties op brood gevolg deur die tweede sous van jou keuse. Sit gebakte kaas bo-op gevolg deur die ander helfte van die burger. Sit voor met brosgebraaide uieringe.

Kry die resep vir uieringe HIER

Vinniger opsie:

Klik hier!

sr1104kos_30_min_1_