(4 porsies)

  • 500 g hoenderlewers, in groterige stukke gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 rooi soetrissie, in repies gesny
  • 10 ml olyfolie
  • 15 ml droë brandrissies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 ml suiker
  • 50 ml brandewyn
  • 1 ml rooipeper (cayenne pepper)
  • 100 ml room

Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die soetrissie en ui tot sag. Voeg nou die hoenderlewers by en braai vir sowat 2 minute. Voeg die res van die bestanddele by en kook/braai vir nog sowat 4 minute.

Sit voor saam met
Broodrolletjies, wat jy kan rooster. En hoekom nie ’n lekker bier soos Amstel of Windhoek om die brand mee af te spoel nie?