(8 – 10 porsies)

  • 115 g (125 ml) botter
  • 200 g (250 ml) bruinsuiker
  • 5 ml karamelgeursel
  • 2 eiers
  • 4 – 6 (500 g) piesangs, fyngedruk
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 100 g okkerneute, gekap
  • 100 g donkersjokolade, grofgekap

Vir die karamelsous

  • 200 g (250 ml) witsuiker
  • 60 ml water
  • 250 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Klits botter, suiker en geursel met ’n elektriese menger tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en meng elke keer goed. Voeg piesangs by en meng deur. Sif meel, bakpoeier en sout saam en vou by piesangmengsel. Vou gekapte neute en sjokolade in. Gooi in ’n broodpan van 30 x 10 cm en bak vir 50 – 60 minute of tot goudbruin en gaar. Vir karamelsous Plaas suiker en water in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Laat prut stadig vir sowat 5 – 8 minute tot ’n goue karamel. Verwyder van

hitte, gooi room by en meng goed tot ’n gladde sous. Laat afkoel en sit voor saam met die piesangkoek.