(10 groot muffins)

  • 480 g bruismeel
  • 30 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 50 ml suiker
  • 2 eiers, geklits
  • 450 ml melk
  • 100 ml Stork Baking Margarine, gesmelt
  • 4 piesangs, fyngedruk
  • 1 piesang, in skywe gesny
  • Stork Country Spread om saam te bedien

1. Verhit jou oond tot 220 °C. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in groot mengbak. Voeg die suiker by. Klits die eiers, melk en gesmelte Stork Baking Margarine saam. Voeg die eier-en-melkmengsel by die droë bestanddele en meng goed.

2. Voeg die fyngedrukte piesangs by en meng goed.

3. Skep die mengsel in gesmeerde kolwyntjie-pannetjies. Plaas so twee skyfies piesang bo-op elke muffin en bak op die middelrak van jou oond vir 20 - 25 minute. Bedien warm met Stork Country Spread.