Pink Lady®-appel-frangipanetert (amandeltert)

akkreditasie
Dié Franse gebak met ’n geurige mengsel van amandelmeel en botter is een van daai troefkaarte wat mense keer op keer beïndruk!
Pink Lady®-appels

Vandeesweek toor Herman met Pink Lady®-appels. Ons wys dat hierdie appels nie net heerlike en gesonde peuselhappies is nie, maar ook bestanddele wat vir ekstra smaak sorg in geregte. Hou SARIE.com dop, hier deel ons elke weeksdag ’n nuwe resep. 

Die bestanddele

genoeg vir 6 

  • 1 x 400 g-rol blaardeeg, ontdooi 
  • 125 ml botter 
  • 125 ml strooisuiker 
  • 1 eier
  •  200 g (250 ml) fyn amandels 
  • 65 ml koekmeel 
  • 8 appels, geskil en ontklok 
  • roomys of dik room, om voor te sit
Rol blaardeeg op meelbestrooide oppervlak oop en sny in vier stroke.

Verhit oond tot 200 °C. Rol blaardeeg op meelbestrooide oppervlak oop. Gebruik koekroller en rol deeg tot sowat 3 mm dik uit. Sny deeg in netjiese reghoek en sny reg rondom vier stroke van 5 mm breed af. Plaas deeg-reghoek op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Verf rande met water en pak 5 mm-repe al om die rand van die reghoek.

Klits botter en suiker tot lig en romerig.

Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eier by en klits nog 1 minuut. Voeg amandels en meel by. Meng goed. Skep vulsel bo-op kors en versprei eweredig.

Pak appelskyfies bo-op die vulsel

Sny appels met skerp mes in die helfte en dan in dun skyfies. Pak appelskyfies styf teen mekaar bo-op vulsel sodat dit heeltemal bedek is. Bak vir 30-35 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met roomys of dik room.

Pink Lady®-appel-frangipanetert (amandeltert)

Pink Lady®-appels hang langer aan die appelbome, wat veroorsaak dat dié vrugte hulle soet smaak en pragtige kleur ontwikkel, en ook die maksimum voedingstowwe absorbeer.

Slegs die beste appels word gepluk en verpak, en die Pink Lady®-handelsmerk is jou kwaliteit-waarborg. 

Gebruik Pink Lady®-appels in vars slaaie, pasteie, souse, gebak of eet dit sommer net so as ’n gesonde peuselhappie. 

Hierdie artikel is trots geborg deur Pink Lady®Klik hier vir meer inligting oor Pink Lady®-appels.

Besoek ook Pink Lady®-appels se Instagram, Facebook en Twitter-blad!

Lees ook:

Oondhoender met gepekelde Pink Lady®-appels

Pink Lady®-kerriefrikkadelle

Pink Lady®-appel-frangipanetert (amandeltert)

Blomkool-en-Pink Lady®-appelsop

Vetkoek met Pink Lady®-appelblatjang

JONGSTE UITGAWE

NOVEMBER/DESEMBER 2021

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees