sowat 12 plaatkoekies

  • 115 g (205 ml) bruismeel
  • knippie sout
  • 3 eiers, geskei
  • 140 ml melk
  • ongesoute botter, om plaatkoekies in te braai
  • 400 g gemengde bevrore bessies
  • versiersuiker, om bo-op te sif

Sif meel en sout saam. Klits eiergele en melk saam. Voeg by gesifte meel en meng tot ’n gladde pasta. Klits eierwitte styf en vou versigtig by mengsel in. Smelt so 15 ml botter in ’n pan en skep lepels vol van die beslag daarin. Skep ’n teelepel vol bessies in die middel van elke plaatkoekie. Braai aan die een kant en draai versigtig om. Braai tot bruin aan ander kant. Hou warm terwyl jy die res braai. Sif ’n klein bietjie versiersuiker oor net voor jy dit voorsit.

Wenk
As jy gesoute botter gebruik om die plaatkoekies te braai brand die botter. Dit kan jou plaatkoekies swart maak. Ongesoute botter brand nie.

Sit voor saam met
Heuning en room