45 ml kanola-olie

1 ui, in skywe gesny

1 x basiese platbrooddeeg

100 g bokmelkkaas

45 ml witwyn-asyn

6 eiers

sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie tot warm in groot braaipan. Voeg ui by en braai 3-5 minute of tot dit begin verbruin. Sprinkel meel op werkvlak en verdeel deeg in twee. Rol deeg uit tot sowat 5 mm dik in ’n vorm van jou keuse. Plaas deeg op bakplaat wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Skep gebraaide ui bo-op. Sny kaas in skyfies en plaas oral op ui. Bak 12-15 minute. Bring intussen pot met water tot kookpunt en voeg asyn by. Breek eiers een-een in water en posjeer 3-4 minute vir sag of langer as jy dit harder wil hê. Sny brood in skywe. Plaas eiers bo-op en geur goed met sout en peper. Sit voor.

ONTLEDING PER PORSIE:

kilojoules 1 453;

koolhidrate 33,9 g;

proteïen 13,4 g;

vet 17,9 g