Die harissapasta gee hierdie geurige gereg die tipiese smake van Marokko. Dis maklik om te maak.

genoeg vir 6

45 ml kanola-olie
1 ui, fyngekap
500 g ekstra-maer maalvleis
45 ml harissa-pasta
sout en varsgemaalde swartpeper
1 x basiese platbrooddeeg
6 eiers
200 g kersietamaties

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie tot warm in groot braaipan. Voeg ui, maalvleis en harissa by. Roerbraai tot maalvleis halfgaar en goed gemeng is
met ander bestanddele. Geur met sout en peper. Sprinkel meel op werkvlak en verdeel deeg in twee. Rol uit tot sowat 5 mm dik in ’n vorm van jou keuse.
Plaas deeg op bakplaat wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Skep maalvleismengsel bo-op en maak gelyk. Breek eiers bo-op en pak
tamaties rondom. Bak 12-15 minute of tot eiers gaar is. Sit voor met vars kruie van jou keuse.