Gebruik 'n groot opdienbord en rangskik die volgende daarop:

  • vars brood van jou keuse
  • goeie, verouderde cheddarkaas - die soort wat jou verhemelte sal brand
  • piekeluitjies
  • piccalilli
  • skywe ham wat jy by jou gunsteling-deli koop
  • klein agurkies

Wanneer dit opraak, vul net weer aan!

Om te drink
By dié wonderlike kombinasie van geure kan jy wyn, bier of selfs 'n whisky aanbied. Ek stel ’n whisky-mengeldrankie voor, genaamd Leprechaun. Die Ierse mite is dat as jy 'n kabouter (leprechaun) vang, jou wens waar sal word. Dalk sal jou wense waar word elke keer as jy hierdie verfrissende drankie geniet! Al wat jy nodig het, is ysblokkies, een sopie whisky (Ballantines is heerlik) en twee dele tonikum. Plaas die ysblokkies, whisky en tonikum in ’n lang glas, roer goed en rond af met ’n skyfie suurlemoen.