(6 - 8 porsies)

  • 500 g kersietamaties, gehalveer
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • hand vol vars tiemie, gekap
  • 60 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 liter melk
  • 80 ml botter
  • 500 ml droë polenta
  • 250 g crème fraîche
  • 100 g slaaiblare van jou keuse

Verhit oond tot 180 °C. Plaas tamaties, knoffel, tiemie en olyfolie in 'n middelslag-oondpan. Geur met sout en swartpeper. Rooster vir 15 - 20 minute of tot dit begin verbruin. Haal uit oond en laat afkoel. Bring melk en botter tot kookpunt in 'n middelslag-pot. Roer polenta by met 'n draadklitser en hou aan klits tot mengsel begin verdik. Laat kook vir sowat 10 - 12 minute tot gaar. Polenta is gaar sodra dit begin wegtrek van die pot se rand af. Geur goed met sout en swartpeper. Voer 'n broodpan van 30 x 12 cm met kleefplastiek uit. Skep helfte van sagte polenta in broodpan, gevolg deur geroosterde tamaties en 'n dun lagie crème fraîche. Skep oorblywende polenta bo-oor en smeer eweredig met 'n slaplem-mes. Laat stol in die yskas. Keer uit op 'n houtbord en sny in porsies. Sit voor saam met slaaiblare van jou keuse.