(4 – 6 porsies)

  • 60 ml olyfolie
  • 1 500 g (1,5 kg) ontbeende varknek
  • 500 g baba-uie
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 kaneelstokkies
  • 10 ml fyn koljander
  • 10 ml vinkelsaad
  • 500 ml port
  • 500 ml beesvleisaftreksel
  • 200 g gemengde droëvrugte
  • 100 g gedroogde pruime
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 160 °C.Verhit olyfolie in ’n middelslag-pot. Plaas varknek in warm olie en braai tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute per kant.Voeg baba-uie en knoffel by. Braai nog 5minute. Voeg speserye
by en braai vir 2minute. Gooi port en aftreksel oor.Bring tot kookpunt en plaas in warmoond. Bak vir 2½ uur of tot sag. Voeg droëvrugte by en bak vir nog 30 minute.Geur goed met sout en swartpeper. Sit warmvoor.