(4 tertjies)

  • 15 ml laevet-margarien
  • 4 velle fillodeeg
  • 8 ryp pruime
  • 60 ml heuning
  • 20 ml bruinsuiker

Smelt die laevet-margarien. Plaas die eerste vel fillodeeg op jou werkoppervlak. Smeer 'n dun laag van die gesmelte margarien met 'n kwassie oor die deeg. Herhaal die proses tot al die fillodeeg gebruik is. Gebruik klein quiche-pannetjies met 'n riffelrand en 'n los bodem. Spuit die pannetjies of smeer met van die gesmelte margarien. Verdeel die deeg in 4. Sny uit elke kwart sirkels wat groter as die pannetjies is. Plaas die deeg in die pannetjies. Sny elke pruim in die helfte. Verwyder die pitte en pak 4 pruimhelftes per pannetjie styf teen mekaar op die deeg. Verdeel die 60 ml heuning tussen die 4 tertjies. Sit die pannetjies op 'n bakplaat en plaas in 'n voorafverhitte oond teen 200 °C vir 30 minute. Sprinkel die bruinsuiker oor ná 30 minute en plaas terug in die oond vir nog 15 minute.