(6 porsies)

  • 50 ml olyfolie
  • 2 uie, grofgekap
  • 3 rooi soetrissies, in blokke gesny
  • 2 geel soetrissies, in blokke gesny
  • 2 groot eiervrugte, in blokke gesny
  • 1 blik (400 g) heel tamaties
  • 6 murgpampoentjies, in skywe van sowat 2 cm gesny
  • 1 x 50 g-pakkie tamatiepuree
  • 5 ml suiker
  • • 2 lourierblare
  • 4 takkies vars tiemie (of 5 ml droë tiemie)
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol pietersielie, fyngekap

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die uie vir so 5 minute tot sag en deurskynend. Plaas die soetrissies in die kastrol en braai nog 4 minute. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Maak toe met deksel en laat kook vir 15 - 20 minute. Laat afkoel en hou in die yskas tot benodig. Garneer met gekapte pietersielie.