Hoe maak jy 'n bruschetta?

  1. Sny brood in snye van ongeveer 2 cm dik.
  2. Maak ’n riffelpan baie warm op ’n plaat en sit een sny brood in die pan en druk dit effens plat met ’n eierspaan.
  3. Draai om en rooster aan die ander kant.
  4. Lig uit die pan, en moenie bekommerd wees as die rante effens gebrand is nie.
  5. Sny ’n knoffelhuisie in die helfte en vryf oor die sny brood.
  6. Gooi heelwat olyfolie oor.


Repies spek en brie bruschetta

Ek vind die makliste manier om die spek gaar te kry is op ’n bakplaat onder die roosterelement in die oond. Gebruik 3 repies spek per bruschetta. Sny brie in skywe. Plaas spek op die broodjie, een skyf brie en skep ’n eetlepel bosbessiejellie (cranberry jelly) bo-oor.