• 100 ml olyfolie
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 500 g kersietamaties, gehalveer
  • 60 ml tamatiepasta
  • 200 g spek, in blokkies
  • 750 ml kookwater
  • 400 g spaghetti
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol pietersielie, grofgekap
  • 50 g parmesaankaas vir voorsit

Verhit olyfolie in ’n pan van sowat 30 cm in deursnee. Voeg ui, knoffel, tamaties, tamatiepasta en spek by en braai sowat ’n minuut. Voeg water by en bring tot kookpunt. Voeg pasta by en meng deur met braaitang tot goed bedek met sous. Kook vir so 10 minute tot pasta gaar is en ’n romerige sous vorm. Geur met sout en peper na smaak en voeg pietersielie by. Sit voor met parmesaankaas.