genoeg vir 10

  • 3 eiergele
  • 45 ml dijonmosterd
  • 500 g-blok botter, gesmelt (dit moet vuurwarm wees)
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sap en gerasperde skil van 2 rooi pomelo’s
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 x 270 g-bosse vars aspersies
  • 100 g gevlokte amandels

Plaas eiergele in bekermenger en voeg mosterd by. Skakel menger aan en gooi warm botter geleidelik by terwyl menger loop. Voeg sap en skil van suurlemoen en pomelo’s by en verwerk. Geur goed met sout en peper. Hou eenkant terwyl jy pot met water tot kookpunt bring. Dompel aspersies in water vir 1 minuut en dreineer. Plaas op opdienbord en skep hollandaise-sous oor. Sprinkel amandels oor en sit voor.