LEES OOK: Kook kos vir jou hond: Vermy dit en gebruik dat

genoeg vir 40-50 koekies

  • 180 ml pampoenpuree (kook pampoen op in water sonder enige sout of suiker)
  • 60 ml onversoete
  • grondboontjiebotter (geen suiker of versoeters)
  • 2 eiers
  • 420 g (750 ml) volkoringmeel, plus ekstra vir uitrol
  • 100 g fyn biltong (koop altyd biltong sonder baie sout by jou veearts of dierewinkel)

Verhit oond tot 180 °C. Meng al die bestanddele saam tot sagte koekiedeeg vorm – voeg ekstra meel by as dit te klam is. Voer twee groot bakplate met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Sprinkel ekstra meel op werkvlak en rol tot so 5 mm dik uit. Gebruik koekiedrukkers met vorms van jou keuse en druk koekies uit. Plaas op bakplaat en bak 20-25 minute of tot goudbruin. Laat afkoel en roep vir Wagter! 

MAAK OOK: Biltongroomys vir jou hond