• 1 liter onversoete, ongegeurde laevetjogurt (geen suiker of versoeters)
  • 400 g fyn biltong (koop altyd biltong sonder baie sout by jou veearts of dierewinkel)
  • 4 appels, ontklok en grofgerasper
  • 10 vars aarbeie, gehalveer

Meng jogurt, biltong en appel. Skep in broodpan van 10 x 20 cm en smeer mengsel gelyk. Pak aarbeie regop in roomys (sien foto). Plaas in vrieskas en vries oornag tot hard. Gebruik skerp broodmes en sny roomys in porsies (een porsie is drie halwe aarbeie). Gee vir Wagter en laat hom na hartelus lek en kou.