• 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 30 ml heel vinkelsaad
  • 30 ml rissievlokkies
  • 45 ml gerookte masala
  • 20 ml borrie
  • 2 kaneelstokke
  • 1 x 410 g-blik klappermelk
  • 1 x 410 g-blik tamatiepuree
  • 600 g boerewors, vleis uit derms gehaal
  • hand vol vars koljander, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in groot braaipan tot warm. Voeg ui, vinkelsaad en rissievlokkies by. Roerbraai vir 5 minute of tot uie begin verbruin – as dit lyk of die speserye begin brand, gooi ’n bietjie water by. Voeg res van speserye vir die sous by en roerbraai verder vir 5 minute of tot mengsel geurig is. Voeg klappermelk en tamatiepuree by. Meng deur en verlaag hitte. Vorm happiegrootte frikkadelle met boereworsmaalvleis en pak in sous. Laat stadig prut vir 20-25 minute of tot dik, romerige sous vorm en frikkadelle gaar is. Roer vars koljander deur. Geur goed met sout en peper na smaak en sit voor.