genoeg vir 2 brode

  • 1 kg (1 780 ml) meel
  • 1 kg water (ja, jy weeg die water!)
  • 10 g sout
  • 1 x 10 g-pakkie kitsgis

Stap 1

Plaas al die bestanddele in die bak van jou elektriese menger en meng met die K-spaan.(Jy moet ongelukkig die brood in jou menger maak, want die volume is te groot om met die hand te meng.)

KOS
FOTO Willem Lourens

Stap 2

Meng by hoë spoed tot hele mengsel ineen deegbal in die middel van die menger bymekaarkom – die deeg

sal letterlik die bak begin skoonmaak, dit neem so 5-8 minute. Plaas deeg in bak wat liggies met olie gesmeer is.

KOS
FOTO Willem Lourens

Stap 3

Laat rys deeg op warm plek tot dubbel die volume, sowat 30 minute. Sprinkel meel ruim op werkvlak en keer deeg met een beweging daarop uit. Moenie te veel aan die deeg karring nie – jy wil nie die lugborrels daarin verloor nie.

KOS
FOTO Willem Lourens

Stap 4

Sif meel oordeeg en sny met skerp mes in twee. Lig met vinnige beweging open plaas op bakplaat wat goed met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir sowat 25-30 minute teen 220°C tot goudbruin en gaar.

KOS
FOTO Willem Lourens

MAAK SÓ KLAAR

Haal warm brode uit oond en laat afkoel op draadrak – dis belangrik dat die brood oral kan “asemhaal” terwyl dit afkoel, anders gaan die brood klam raak aan die onderkant. Laat afkoel tot louwarm voor jy die brood sny.

KOS
FOTO Willem Lourens

Dié heerlike resep verskyn in die splinternuwe SARIE Kos wat nou op winkelrakke beskikbaar is. 

SARIE Kos Winter uitgawe 2020

KOS
SARIE Kos Herfs 2020