genoeg vir 40 balletjies

  • 250 ml droe¨ klapper, plus ekstra vir rol
  • 4 x 250 g-pakkies ontpitte dadels
  • 80 ml haselneutlikeur (Frangelico)
  • 45 ml nartjiesap
  • skil van 1 nartjie
  • 750 ml pofrys

Pols klapper, dadels, likeur, nartjiesap en -skil in ’n voedselverwerker tot’n growwe mengsel. Skep in groot mengbak en roer pofrys by. Vorm mengsel in klein balletjies en rol in ekstra klapper. Sit voor.

Wenk

Vir ekstra geur kan jy die klapper by 180 °C tot goudbruin oondrooster voor jy dit in die resep gebruik.