genoeg vir 4

  • 500 ml koeskoes
  • 500 ml kokende hoenderaftreksel
  • 20 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 250 g spek, in blokkies
  • 250 ml bevrore ertjies
  • 4 wiele feta, gekrummel
  • 2 takkies vars kruisement
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 170 g-bos aspersies

Plaas koeskoes in glasbak en gooi warm aftreksel oor. Maak bak toe en laat staan vir 2 minute of tot al die aftreksel geabsorbeer is. Verhit olyfolie tot warm in braaipan. Voeg ui en spek by en braai vir paar minute tot spek goudbruin is. Voeg ertjies by en braai nog 2 minute. Voeg by gaar koeskoes saam met feta en kruisement. Geur met sout en peper en meng deur. Hou eenkant terwyl jy aspersies vir paar minute in kookwater dompel tot sag en gaar. Dreineer. Skep koeskoes in opdienbak en skep gaar aspersies boop. Sit voor.