genoeg vir 6

  • 300 g forelfilet
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • hand vol koljander, fyngekap
  • 60 ml taai sojasous (sweet)
  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml fyngemaalde vars gemmer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g farfalle-pasta
  • 250 ml dubbeldik ongegeurde jogurt
  • 30 ml korrelmosterd
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 100 g ontpitte groen olywe

Verhit oond tot 180 °C. Plaas forel met velkant na onder op bakplaat. Geur met sout en peper. Meng koljander, sojasous, olie, gemmer en knoffel. Skep op filet en oondbraai 20 minute tot sag en gaar. Terwyl vis bak, maak pasta gaar volgens aanwysing op pak. Dreineer en hou eenkant. Meng jogurt, mosterd, en sap en skil van suurlemoen. Vlok forel in stukkies en plaas in groot mengbak saam met gaar pasta, jogurtsous en olywe. Geur met sout en peper. Meng deur en sit voor.