genoeg vir 1 groot bottel

  • 350 ml olyfolie van goeie gehalte (extra virgin)
  • hand vol vars tiemie
  • 4 knoffelhuisies, grofgekap
  • 15 ml komynsaad
  • 15 ml vinkelsaad
  • 45 ml gerookte paprika 
  • sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 500 g swart en groen olywe
  • 6 wiele fetakaas, in blokkies gesny
  • 100 g okkerneute
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Meng olyfolie, tiemie, knoffel, komyn, vinkel, paprika, en sap en skil van suurlemoene. Voeg olywe, feta en neute by. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas in lugdigte houer en laat marineer 4-6 uur in jou yskas of oornag. Gebruik soos benodig.

SARIE KOS Winter