genoeg vir 6

45 ml olyfolie

30 ml geroosterde masala

10 ml droë brandrissie

l x 400 g-sak langstingel-broccoli (tender stem)

400 g vars aspersies

sout en varsgemaalde swartpeper

1 x 180 g-houer hoemoes

100 ml kookwater

100 g gesoute amandels

200 g Turkse appelkose, grofgesny

Verhit oond tot 180 °C. Meng olyfolie, masala en brandrissie. Pak broccoli en aspersies in oondbraaipan. Gooi oliemengsel oor en geur goed met sout en peper. Oondbraai 15 minute of tot groente gaar, maar steeds bros is. Meng hoemoes, kookwater, amandels en appelkose. Gooi oor groente en meng deur. Skep in opdienbak en sit voor. 

SARIE KOS Winter 2018