genoeg vir 4

  • 45 ml olyfolie
  • 340 g vars aspersies, grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 3 ansjovisfilette, fyngekap
  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 125 g basiliekruid-pesto
  • sap en gerasperde skil van 1 suurlemoe
  • n 1 x 400 g-pak spaghetti
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 50 g parmesaan-kaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in groot pan en roerbraai aspersies, knoffel en ansjovis tot sag en pap. Verwyder van hitte. Voeg jogurt, pesto, en suurlemoensap en -skil by. Verpulp tot glad in voedselverwerker. Kook pasta volgens aanwysing op pak en dreineer. Voeg aspersiepuree, brandrissie en helfte van parmesaan-kaas by gaar pasta. Geur goed met sout en peper. Sprinkel oorblywende parmesaan oor en sit voor.